Slaan oor na hoofinhoud

Bloemhof-- Tweede Verwoestende Vloed / Disaster after second flood




Die Verwoestende Tweede Vloed: 'n Ramp vir Duur

Wanneer  Moeder natuur haar woede wys, laat sy selde iets onaangeraak. So was dit met die tweede vloed wat ons streek getref het — 'n ramp wat soveel erger was as wat enigiemand verwag het. 

Net toe mense begin het om hulle lewens ná die eerste vloed weer op te bou, het die tweede vloed soos 'n woedende muur van water gekom en alles wat oor was,meegesleup.

Die Oorsaak en Onverwagte Krag

Die beheerde en onbeheerde uitvloei by al hierdie damme lei tot die oorvloei van rivierbanke stroomaf van die Oranjerivier en Vaalrivier, wat oorstromings van nedersettings in laerliggende gebiede binne die 1-in-100-jaar vloedlyn tot gevolg het.

Na dae van aanhoudende reën het die reeds versadigde grond eenvoudig nie meer water kon absorbeer nie. Rivierbanke het oorgeloop, damme moes hul sluise oop maak. Die tweede vloed het net sterker gekom as die voorige —  Huise, voertuie en infrastruktuur het eenvoudig onder water verdwyn.


Gevolge vir die Gemeenskappe

Die impak op die mense was verpletterend:

  • Huise verloor: Vir baie was daar niks oor om na terug te keer nie — net modder en puin waar hulle huise eens gestaan het.
  • Werksverliese: Plaaslike besighede het skade gely of is totaal vernietig. Werkgeleenthede het in 'n oogwink verdwyn.
  • Gesondheidskrisis: Met vuil waterbronne en beskadigde rioolstelsels is siektes aan die toeneem, en mediese hulpbronne is skaars.
  • Emosionele trauma: Die verlies van geliefdes, besittings en stabiliteit laat mense gebroke en hopeloos.

Die Pad Vorentoe

In die nasleep van die tweede vloed het hulporganisasies, vrywilligers en plaaslike owerhede hande gevat om noodleniging te bring. Maar die herstelpad is lank. Infrastruktuur moet herbou word, gesinne moet weer grond onder hul voete kry, en vertroue in die toekoms moet herstel word.

Die gemeenskap sal moet saamstaan soos nog nooit tevore nie — met moed, deernis en deursettingsvermoë. Elke donasie, elke uitgestrekte hand, en elke woord van bemoediging tel.

Want hoewel die vloed ons gebreek het, sal dit nie ons gees breek nie.


Jesaja 41:10
Moenie bang wees nie, want Ek is by jou; moenie bekommerd wees nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou; Ek ondersteun jou met My regverdige regterhand."




L.Claassens





Opmerkings

  1. Is die hele dorp bloem hof onder water en is pad dan gesluit mens moet deur bloem hof van jhb klerksdorp se kant om kby toe te gaan

    AntwoordVee uit
  2. Hi.Jy sal kan deur ry met gemak.

    AntwoordVee uit

Plaas 'n opmerking

Teer Punte

VAALRIVIER RAMP: MOEDER NATUUR OF MISBESTUUR?

VAALRIVIER RAMP: MOEDER NATUUR OF MISBESTUUR? Dis tyd dat Almal die Feite Weet "Die gevolge van die ineenstorting van Suid-Afrika se waterinfrastruktuur sal veel erger wees as wat ons met Transnet of SAA gesien het. Ons sal Siud Afrika veloor!" Ek het intensiewe navorsing oor dié krisis gedoen om versteekte feite op te spoor wat die meeste mense nooit op hul eie sou kon vind nie. Wat ek ontdek het, was beide skokkend én frustrerend . Hier is die harde waarheid: Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) kan nie langer wegkom met verskonings nie. Die verwoestende vloede in Bloemhof en ander areas stroomaf is nie net die werk van die Moeder natuur nie. Dit is ook die gevolg van menslike nalatigheid en 'n regering wat keer op keer hul gemors onder die mat vee. Hier is die feite: Senior posisies by DWS word gevul volgens rang, nie kundigheid nie. Geen behoorlike vaardigheidsoudits vir meer as 15 jaar nie. ’n Kritieke tekort aan opgeleide ingenieurs en beplanners verlam...