Slaan oor na hoofinhoud

VAALRIVIER RAMP: MOEDER NATUUR OF MISBESTUUR?

VAALRIVIER RAMP: MOEDER NATUUR OF MISBESTUUR?
Dis tyd dat Almal die Feite Weet


"Die gevolge van die ineenstorting van Suid-Afrika se waterinfrastruktuur sal veel erger wees as wat ons met Transnet of SAA gesien het. Ons sal Siud Afrika veloor!"

Ek het intensiewe navorsing oor dié krisis gedoen om versteekte feite op te spoor wat die meeste mense nooit op hul eie sou kon vind nie. Wat ek ontdek het, was beide skokkend én frustrerend. Hier is die harde waarheid:

Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) kan nie langer wegkom met verskonings nie. Die verwoestende vloede in Bloemhof en ander areas stroomaf is nie net die werk van die Moeder natuur nie. Dit is ook die gevolg van menslike nalatigheid en 'n regering wat keer op keer hul gemors onder die mat vee.

Hier is die feite:

  • Senior posisies by DWS word gevul volgens rang, nie kundigheid nie.
  • Geen behoorlike vaardigheidsoudits vir meer as 15 jaar nie.
  • ’n Kritieke tekort aan opgeleide ingenieurs en beplanners verlam die bestuur van waterinfrastruktuur.
  • Kommunikasie met die publiek tydens krisisse is vaag, inkonsekwent en soms misleidend.

Maart 2014: Bloemhof is oorstroom ná swak beplanning en te laat reaksie op damvloei. Dieselfde jaar is die Vaalrivier met riool besmet, wat tot 'n diarree-uitbraak en die dood van verskeie babas gelei het.


2019: Die Ouditeur-Generaal waarsku in ‘n vernietigende verslag dat infrastruktuurverwaarlosing en wanbesteding van meer as R1.7 miljard menselewens in gevaar stel—sonder enige gevolge vir die skuldiges.

Maart 2022: Die Spesiale Tribunaal beveel SAP om R400 miljoen terug te betaal vir onwettige sagtewarekontrakte. Fondse wat bedoel was om waterbestuur te verbeter—verloor aan korrupsie.

En steeds:

  • Geen moderne vloedbeheerstelsels.
  • Geen slim monitering.
  • Geen plaaslike opvangsbestuursagentskappe wat vinniger en doeltreffender kan reageer nie.
  • Besluite word steeds geneem deur ’n stadige, sentralistiese stelsel wat ver van die werklikheid af funksioneer.

2023 en 2024: Vloedramp herhaal hom. Geen deursigtigheid. Geen akkurate vloei-inligting. Gemeenskappe betaal weer die prys.

Hierdie is nie net oor swaar reën nie.
Dis oor swak bestuur. Intern is dit oor wie jy ken en nie wat jy ken nie. Dis oor ‘n departement wat op n Nationale ramp afstuur. 

As ons die Departement van Water en Sanitasie verloor, verloor ons die land.

Ons verdien antwoorde. Ons verdien aanspreeklikheid. 

L S Claassens 

www.kommentaar.co.za 


             Besoek ook BloggingLen.com

                Kliek hier vir blogginglen.com

                                  Of Besoek 







Opmerkings

  1. So Bek kort Jam. Ek stuur die dadlik na my groepe. Thanx..
    DEWALD, PARYS.

    AntwoordVee uit

Plaas 'n opmerking

Teer Punte

Bloemhof-- Tweede Verwoestende Vloed / Disaster after second flood

Die Verwoestende Tweede Vloed: 'n Ramp vir Duur Wanneer  Moeder natuur haar woede wys, laat sy selde iets onaangeraak. So was dit met die tweede vloed wat ons streek getref het — 'n ramp wat soveel erger was as wat enigiemand verwag het.  Net toe mense begin het om hulle lewens ná die eerste vloed weer op te bou, het die tweede vloed soos 'n woedende muur van water gekom en alles wat oor was,meegesleup. Die Oorsaak en Onverwagte Krag Die beheerde en onbeheerde uitvloei by al hierdie damme lei tot die oorvloei van rivierbanke stroomaf van die Oranjerivier en Vaalrivier, wat oorstromings van nedersettings in laerliggende gebiede binne die 1-in-100-jaar vloedlyn tot gevolg het. Na dae van aanhoudende reën het die reeds versadigde grond eenvoudig nie meer water kon absorbeer nie. Rivierbanke het oorgeloop, damme moes hul sluise oop maak. Die tweede vloed het net sterker gekom as die voorige —  Huise, voertuie en infrastruktuur het eenvoudig onder water verdwyn. Gevolge ...