Mooiste Afrikaans… dis ons s'n. Kom ons hou dit lewendig.
Daar’s iets aan Afrikaans wat ek nie kan verduidelik nie… iets wat in jou hart bly sit lank nadat jy die laaste woord gesê het. Dis die taal van my ouma se stories, van liedjies om die vuur, van “ek is lief vir jou” en “pasop vir daai trap!”
Afrikaans is nie net woorde nie – dis gevoel. Dis kleurvol, kreatief, snaaks, liefdevol. Dis ryk aan geskiedenis, vol met die klanke van veldblomme, braaivleis en windpomp-tikkende aande. Dis 'n taal met siel.
Maar sy’s besig om te verdwyn…
Dis pynlik om te sê, maar dis waar. Ons hoor haar al minder in die strate, minder in die media, en selfs minder in ons eie huise. Baie van ons jongmense kies Engels, of nog erger, praat net in "txt" of TikTok-kode. Ons verstaan dit – die wêreld is global. Maar wat van ons wortels?
Wat van daai klanke wat net in Afrikaans reg uitkom – soos "liewe hemel", "ja-nee", of "my hart is seer"? Wat van idiome wat ons oumas en oupas vir ons geleer het – kleurvol, vol wysheid, vol humor?
Luiter hierna- Kliek hier
As ons nou nie veg nie, gaan ons dit verloor.
Ons moet begin praat – weer en meer.
In die huis. In die winkels. Op sosiale media. In musiek. In stories. In blogs soos dié een.
Ons moet ons kinders leer dat Afrikaans nie 'n skaamtaal is nie, maar 'n skat. ’n Erfdeel. ’n Lied. ’n Kragtige instrument om jouself mee uit te druk – met passie, met hart, met trots.
Want sonder kinders om dit aan oor te dra, gaan ons musiek stil raak.
Ons sal nie meer die ritme van ons taal hoor nie. Geen kind wat hul eerste woorde in Afrikaans sê. Geen tiener wat dig in hul dagboek oor liefdespyne. Geen ouer wat ’n slaaptydstorie vertel in woorde wat net Afrikaans so sag kan maak nie.
Ons kán dit keer.
As jy Afrikaans praat – hou aan. As jy dit kan skryf – doen dit. As jy dit verstaan – vier dit. En as jy iemand ken wat skaam is daarvoor – wys vir hulle hoe mooi dit is. Jy’t nie ’n graad nodig om jou taal lief te hê nie – net ’n hart.
Met trots en passie,
-Lsc-
Het die raak gesien op FB... Tussen al die valse nuus en mense wat bedel kom ek af op die mooi skrif.. Voel skoon trots. Dankie. Daleen, WATERVALBOFEN
AntwoordVee uitEk stem. Dankie. Is die n privaat blog?
AntwoordVee uitWie Lees nog ooit die crap? Anoniem
AntwoordVee uit